AVS Noord-Vrystaat
Noord-Vrystaat bokkies bestaan saam met AVS van 1992 af. Ds. Dries Klopper van Kroonstad het met ‘n 0/13 rugby span die eerste Bokkieweek bygewoon. Later jare het Derona van Rensburg wat baie diep spore in AVS gestap het, haar ook met die netbal aangesluit. Sy was vir baie jare die ruggraat van N-OVS Bokkies gewees en die spul bymekaar gehou toe dit baie moeilik gegaan het.Â
Â
In 2003 het Pieter Marich, met sy kennismaking met die Bokkiweek, so ook vir Derona van Rensburg ontmoet en het hulle dan saam op die bestuur begin dien.
Â
N-OVS het al verskeie kinders in die SA Bokkiespanne opgelewer, wat na afloop van elke week gekies is. N-OVS het tot net ‘n paar jaar gelede die hele Vrystaat verteenwoordig op die Bokkieweek. Kinders van sovêr as Ficksburg, Harrismith, Sasolburg en Bloemfontein is al in ons spanne opgeneem.Â
Â
N-OVS was ook al bevoorreg om AVS se nasionale week (Bokkieweek) vier keer op Kroonstad aan te bied. 1996, 2007, 2010 en 2011, met getalle wat gegroei het van 600 tot en met 3 200 in 2011. Ons is baie dankbaar teenoor die Afrikaanse Hoërskool en Kroonstad Hoërskool vir hul samewerking in die verband.Â
Â
Ons dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te doen met Bokkieweek wat ons doen vir ons eie mense. Mag N-OVS nog vele deure vir kinders in toekoms open. Â

Pieter Marich
President Noord-Vrystaat