AVS Vrystaat
AVS het probeer om soveel as moontlik sy grense uit te brei en is so dan ook ‘n rugbyspan uit Suid-Vrystaat saamgestel wat aan die Bokkieweek op Rustenburg deelgeneem het in 1996. Later het hierdie “provinsie” sy kragte ingegooi by Noord-Vrystaat. Die poging aangewend deur “Vrystaat” wat aan twee Bokkieweke deelgeneem het, het ook later gekombineer met Noord-Vrystaat.
Vrystaat se rugbyspanne neem deel aan die Bokkieweek te Nylstroom 1996 en in 2001 tydens die Bokkieweek toernooi in Middelburg voeg Vrystaat 3 Netbal spanne by.
Daarna het die Vrystaat unie vir ‘n redelike tyd hande gevat en saam met die Noord Vrystaat deelgeneem.
In 2012 is ons bevoorreg om die Vrystaat as nuwe unie by AVS te verwelkom.
In 2019 na Winterweek is ‘n nuwe bestuur ingestem en begin 2020 is Reinhardt Coetzee goedgekeur deur die Hoofbestuur as President van die Vrystaat. Hy is dan tot op datum die jongste President in AVS geskiedenis.

Reinhardt Coetzee
President Vrystaat