Wenke en Hulpbronne
7 redes hoekom dit vir jou kind voordelig is om deel te wees van AVS Bokkieweek
By AVS Bokkieweek is dit vir ons belangrik om vir kinders die geleentheid te gee, deur deel te wees van die lekkerte en samesyn tussen sport en kultuur, om hulle sporttalent ten toon te stel, hul fisiese en geestesgesondheid te bevorder en vaardighede op die veld sowel as buite die sportterein op te skerp. Bokkieweek bied ook gesonde kompetisie en lewer jaarliks uitstekende sportsterre op.
- Dissipline: Om deel te wees van ‘n span wat tydens AVS Bokkieweek en by toere daarna speel, eis dissipline. Dissipline sluit in gereelde oefening, reël en regulasies wat gevolg moet word, en fokus. Die vaardigheid kan maklik versprei na ander area’s van jou kind se lewe, insluitend akademies en persoonlik.
- Sportmanskap: By AVS Bokkieweek gee ons kinders ook die geleentheid om goeie sportmanskap te beoefen deur respek vir sy/haar opponente en ook die wedstryd self te toon.
- Spanwerk: Om as ‘n span suksesvol te wees, is spanwerk baie belangrik, wat kommunikasie, samewerking en vertroue insluit. Hierdie vaardighede kan jou kind leer om positiewe verhoudings met sy/haar vriende te bou en berei hulle voor vir toekomstige groepprojekte of spangeoriënteerde beroepe.
- Doelwitte: Of jou kind se doelwit is om hard te oefen, ‘n wedstryd te wen of dalk net na die proewe deur te gaan na die volgende rondte, om ‘n doelwit te hê en daarna te werk, is voordelig. Dit kan jou kind help om sy/haar deursettingsvermoe te ontwikkel.
- Fisiese gesondheid: Bo en behalwe al die ander voordele wat “deel wees” vir jou kind bied, is fisiese gesondheid net so belangrik. Die ervaring wat kinders by ‘n Bokkieweek toernooi opdoen het wonderlike resultate op hul ontwikkeling in sport.
- Selfvertroue: ‘n Gevoel van prestasie en trots in sy/haar vermoe om enigiets reg te kry is vir seker een van die positiewe uitkomste!
- Pret: Om deel te wees van ‘n wonderlike toernooi saam met vriende, onderwysers, afrigters en familie is ‘n ervaring wat jou kind nie sommer sal vergeet nie.
The strength of the team is each individual member. The strength of each member is the team.
Phil Jackson
GETTY
The harder you work, the luckier you get.
Gary Player
Photo by Alex de Brabant
It's not the will to win that matters — everyone has that. It's the will to prepare to win that matters.
Paul "Bear" Bryant
AP Photo/Joe Holloway Jr