Skip to main content

Bokkieweek

Wat is Bokkieweek?

Afrikaner Volkseie Sport NPC (AVS), beter bekend as Bokkieweek, is ‘n geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. Bokkieweek dien as voertuig vir deelname van Afrikanerjeug aan nasionale sporttoernooie wat spesifiek vir ons volk se jeug gereël word.

Tans bied Bokkieweek jaarliks drie toernooie aan:

O/23 Bokkietoernooi gewoonlik gedurende die eerste helfte van die jaar
Bokkieweek gedurende die Junie-/Julievakansie
Somerweek gedurende die September-/Oktobervakansie

Luister gerus na AVS se temalied, Die Lied van Jong Suid-Afrika

Woorde: EITEMAL; gewysig:

P. Mclachlan

Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: Dirkie de Viliers

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika,
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika,
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika.
Die klop van Voortrekkerwawiel
het die eeue se rus verstroor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
dit is die koms van Jong Suid-Afrika,
dit is die koms van Jong Suid-Afrika.
dit is die koms van Jong Suid-Afrika.
 
Waar songloed in glorie die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die land van Jong Suid-Afrika,
Dit is die land van Jong Suid-Afrika,
Dit is die land van Jong Suid-Afrika.
 
Die golwende veld is ons woning
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika,
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika,
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika.