AVS Stellaland
AVS Stellaland het ‘n roemryke geskiedenis wat, net soos Afrikaner Volkseie Sport se bestaan, reeds vanaf 1992 strek.
Tydens die eerste toernooi te Lekkerrus, was Theo McDonald die afrigter en Koos Marais die spanbestuurder en ‘n ouer van die Stellaland O/13 Rugbyspan.
Stellaland is een van die kleiner unies volgens leerdertal, maar geografies een van die meer uitgestrekte unies wat by AVS geaffilieer is. Probleme en moeilike omstandighede ontbreek nie, maar dit word telkens te bowe gekom deur ‘n gelowige, vasberade beamptekorps wat onwrikbaar glo aan wat hulle doen. Hulle is voorwaar ‘n waarde-toevoeging tot die voortbestaan van ons Afrikanerkultuur en die ontwikkeling van ons kinders.
Onder leiding van Koos Marais as uniepresident, het Stellaland die voorreg gehad om Bokkieweek 2000 te Koster aan te bied. Koster Skool, die onderwysers en totale gemeenskap het positief aan hierdie besondere geleentheid deelgeneem. Die dorpie het behoorlik oorgeloop van besoekers.
Koos Marais was ook AVS nasionaal se president vanaf 2004 tot 2013.
Tydens 2007, 2011 en 2018 se Bokkieweke wen Stellaland die gesogte Daan Nolte Verdienstelikheidstrofee.

Hermanus de Beer
President Stellaland