Skip to main content

Bokkieweek

AVS Transvaal

AVS Transvaal is op 28 Januarie 2009 gestig. Onder leiding van Gerhard Swart as uniepresident, neem ons daardie jaar met 170 spelers en 22 beamptes aan die Bokkieweek te Naboomspruit deel.

In 2010 neem Harry Strauss die presidentskap van die unie oor. Karel du Plessis staan vanaf 2012 aan die stuur van sake by Transvaal. In Oktober 2015 neem Magdie de Winnaar die unie se leisels by hom oor en sy is steeds die uniepresident van Transvaal.

Danksy harde werk van die toegewyde beamptes en bestuurskorps van Transvaal, het ons unie vanaf die vyftiende plek op die algehele ranglys ná Bokkieweek 2012, tot die tiende posisie na afloop van Bokkieweek 2019 opgeskuif.

Groot was die vreugde van ons beamptes en spelers toe die gesogte Daan Nolte Verdiensteliksheidstrofee by Bokkieweek 2017 aan Transvaal toegeken is.

Ons O/19 rugbyspan speel tydens Bokkieweek 2019 in die finaal, maar ná ‘n titaniese stryd moet Transvaal ongelukkig die knie voor Noord-Transvaal Wes buig.

Tydens AVS se Somerweek in die Oktober-vakansie neem Transvaal jaarliks aan krieket, 7’s rugby, snelbal en gholf deel.

Deur die jare het ons unie al AVS Nasionale Span spelers en AVS Bokkiespan spelers in verskeie sportsoorte opgelewer.

AVS Transvaal is hier om ‘n verskil te maak. Gryp die geleenthede wat Afrikaner Volkseie Sport jou bied met ope arms aan – nie net om te kompeteer nie, maar om te kompeteer met ‘n gesindheid wat bevorderlik is vir Afrikanersport en Christenskap.

Magdie de Winnaar

President Transvaal