Skip to main content

Bokkieweek

AVS Wes-Transvaal

Onder leiding van Johan van Heerden neem Wes-Transvaal se O/13 rugbyspan in 1992 aan die eerste Bokkieweek te Lekkerrus deel.

Johan van Heerden was Wes-Transvaal se eerste uniepresident. Hy tree in 2005 uit en word opgevolg deur Andries Martinson. Andries gee die leisels oor aan André Esterhuizen, wat tot in 2019 as president van Wes-Transvaal diens doen. In April 2019 word Willa Brits tot president van die unie verkies en staan sedertdien aan die stuur van sake by Wes-Transvaal.

Sedert ons ontstaan is Wes-Transvaal ‘n unie om mee rekening te hou. Ons blink veral uit in netbal en het vir ‘n groot aantal jare hierdie afdeling van die Bokkieweek oorheers.

Tydens Bokkieweek 2003 te Upington maak Wes-Transvaal se netbalspanne skoonskip en lig die beker in al die ouderdomsgroepe.

Ons neem sedert Bokkieweek 2013 ook aan dogters- sowel as seunshokkie deel.

Wes-Transvaal neem in 2018 aan die O/21 Bokkietoernooi deel. Ons rugbyspan speel in die finaal en ná ‘n naelbyt-stryd lig hulle die beker. Die geesbeker word ook aan Wes-Transvaal toegeken.

In 2019 neem Wes-Transvaal aan krieket, 7’s rugby, snelbal en gholf deel tydens AVS se jaarlikse Somerweek.

Ons is trots om te kan sê dat Wes-Transvaal reeds AVS Nasionale Span spelers in verskeie sportsoorte en ouderdomsgroepe opgelewer het.

AVS Wes-Transvaal – Gooi mielies!

Willa Brits

President Wes-Transvaal