Visie & Missie
Afrikaner Volkseie Sport NPC (AVS) is ʼn geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. AVS bied verskeie nasionale toernooie in belang van die Afrikanerjeug aan. Bokkieweek is die oorkoepelende naam vir AVS se toernooie. Tydens hierdie toernooie is daar unieke geleenthede vir die Afrikanerjeug om hul sporttalent uit te leef.
Die Grondslag van die AVS berus op twee beginsels
1.
Die Christelike Prostestantse Geloof, gegrond op die Bybel en soos verwoord in die Ekumeniese Belydenisse.
2.
Die uitleef van die Afrikanerkultuur, waar ons die kultuurbeskouing huldig dat kultuur die handelinge is wat die mens doen in gehoorsaamheid aan God Drie-Enig se kultuuropdrag aan die mens.
Voortvloeiend uit bogenoemde Grondbeginsels is die Grondslag van AVS soos volg:
1.
Ons en ons kinders is onlosmaaklik deel van die Afrikanervolk.
2.
Ons spits ons veral toe op die jeug, enersyds omdat die jeug die sigbaarste segment van die georganiseerde Afrikanerkultuur- en sportgemeenskap is, waar ons sport beskou as ‘n spesifieke element van kultuur en andersyds omdat ons as Christen-Volkseie Organisasie met erns aanvaar dat ons kinders deur die Drie-Enige God aan ons toevertrou is om in sy vrese op te voed, ook in die beoefening van kultuur.
3.
Ons wil wesentlik op alle toepaslike terreine ons kultuur in die algemeen en dan in die besonder die sportelement daarvan bevorder tussen volksgenote binne ons Christelike Geloofs- en Afrikaner kultuurgemeenskap.
4.
Ons wil deur middel van Afrikaner Volkseie Sport geleenthede vir Volkseie sportbyeenkomste skep.
5.
AVS streef daarna om erkenning te geniet by die Afrikanervolk as ‘n kultuurgebonde liggaam wat die sportvermoëns van ons eie sportlui wil bevorder.
6.
In ‘n kultuurgebonde sportbedeling word alle spanne op meriete gekies.
7.
AVS beoefen nié Sondagsport nie.
Deelname aan Bokkieweek gaan oor die reg van ‘n leerder om deel te neem aan sportbyeeenkomste van sy/haar keuse. Dit gaan hier oor die leerling se reg op vryheid van assosiasie ingevolge artikel 18 van die Grondwet van Suid-Afrika.