AVS Natal
AVS Natal is op 31 Augustus 2007 deur Jan Nel, Noël van Schalkwyk, Jan Botha, Thelma Bestbier, Jan van Straaten en Johno Bezuidenhout gestig. Met ‘n O/19 rugbyspan en O/19 netbalspan neem Natal in 2008 die eerste keer aan die Bokkieweek deel.
Sedert 2009 neem Natal ook aan dogtershokkie deel. Reeds daardie jaar wys ons dat Natal ‘n unie is om mee rekening te hou op die hokkieveld. Ons O/19 dogtershokkiespan dring tot die finaal deur, maar verloor ongelukkig teen Bosveld.
Ons eerste president, Jan Nel, het vanaf 2008 tot 2011 aan die stuur van sake by Natal gestaan. Daarná neem Jan van Straaten die leisels by hom oor en dien vanaf 2012 tot 2013 as uniepresident. Sewus Geldenhuys is sedert 2014 die president van die unie.
Ons is ‘n sosiale, opwindende, omgee-unie met uitstekende gees.

Sewus Geldenhuys
President Natal