AVS Suidoos-Transvaal
AVS Suidoos-Transvaal het in 1994 onder die bekwame leiding van oom Wessel Beneke, as eerste president van die unie, ontstaan. Daardie jaar neem ons met ‘n O/13 rugbyspan en ‘n O/19 rugbyspan aan die toernooi deel. Veral ons O/19 span het besonder goed gevaar, en naelskraap met 10-12 teen Vrystaat in die finaal verloor.
In die beginjare het Suidoos-Transvaal ondersteuning van verskeie groot skole ontvang. Dit het daartoe bygedra dat ons ‘n hoë standaard daar kon stel waarop daar steeds voortgebou word. Ons spanne het reeds verskeie kere in die onderskeie sportsoorte met die louere weggestap het.
Oom Wessel Beneke het in 2005 uitgetree as uniepresident van Suidoos-Transvaal en is deur Buks Botha opgevolg. In 2012 het Johnathan Haarhoff die leisels by Buks oorgeneem en is tans steeds die president van Suidoos-Transvaal. Oom Wessel Beneke is tans die Beskermheer van AVS.
Suidoos-Transvaal neem ook jaarliks aan AVS se Somerweek deel en veral ons 7’s rugbyspanne vaar gewoonlik baie goed.
Suidoos-Transvaal was en is steeds ‘n unie om mee rekening te hou.

Johnathan Haarhoff
President Suidoos-Tvl