Skip to main content

Bokkieweek

bcvo

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) het in 2010 vir die eerste keer as unie aan Bokkieweek deelgeneem. Dit was vir ons as BCVO ‘n voorreg om aan die toernooi te kon deelneem. Ons spelers het geweet dat dit ‘n opdraende stryd sou wees, maar na afloop van die Bokkieweek was ons baie trots op ons leerders wat so goed presteer het.

Sedertdien neem BCVO elke jaar aan rugby en netbal by die Bokkieweek deel. Tans neem ons ook jaarliks aan krieket, 7’s rugby en snelbal tydens die Somerweek deel. Een van ons hoogtepunte was dat BCVO tydens Somerweek 2019 algeheel agtste geëindig het uit die vyftien unies wat aan die toernooi deelgeneem het. Ons strewe is om dit in die toekoms te probeer verbeter.

Die spelers en beamptes getuig telkens dat AVS se toernooie ‘n heerlike ervaring is wat hulle nie wil misloop nie. Ons doen ook elke jaar waardevolle ervaring op wat ons in daaropvolgende jare met vrug gebruik. BCVO is trots op Pieta Oosthuizen, Tommie Pienaar en Reinhardt de Villiers wat as afrigters of spanbestuurders van AVS Nasionale spanne opgetree het.

BCVO besef ook omdat ons CVO skole nie groot skole is nie, dit harde werk kos om die spelers op die hoë vlak van die Bokkieweek standaard te kry. Ons sien dit as ‘n uitdaging en mooi geleenthede waaraan ons kinders kan deelneem.

Baie dankie aan elke deelnemer en beampte van ons unie vir die goeie gees waarmee julle AVS se toernooie aanpak. Wen is goed in die lewe, maar nie alles nie. Al verloor ons soms, bly dit belangrik om as goeie sportmanne en -vrouens uit die stryd te tree.

Bokkieweek bo!!!

Gerhard Swart

President BCVO