Bepalings En Voorwaardes: Bokkieweek Klerewinkel
- Terugstuurbeleid
Maak asseblief seker dat die korrekte item en grootte bestel word deur die groottekaarte (size charts) noukeurig te raadpleeg.- Indien ‘n item nie pas nie, kan dit slegs omgeruil word vir ‘n ander grootte, mits dit nie gedra of gewas is nie. Die kliënt is verantwoordelik vir alle koerierkoste rakende die omruiling.
- Alle terugsturings vir omruilings moet binne 14 werksdae vanaf die datum van aflewering geskied.
- Geen terugbetalings sal gemaak word nie.
- Produkte en uniekheid
- Alle produkte word met die hand gemaak en is nie massaprodukte nie.
- Bokkieweekprodukte is geregistreerde handelsmerkprodukte en uniek aan Bokkieweek.
- Omdat dit handgemaakte produkte is, kan items effens verskil van die produkte op die foto’s. Hierdie variasies is deel van die unieke karakter van die produkte.
- Produkte wat nie in voorraad is nie, word op bestelling gemaak en die leweringstyd kan wissel tussen 2 tot 10 weke.
- Bestelling en betaling
- Sodra ‘n bestelling geplaas en betaling voltooi is, kan dit nie gekanselleer word nie.
- Indien ons die bestelling aanvaar, sal ‘n belastingfaktuur via e-pos en aan die e-posadres wat voorsien is, gestuur word.
- Die bestelling kan nie gekanselleer word sodra die e-pos en/of SMS uitgestuur is, ongeag of die kliënt dit ontvang het of nie.
- Aflewering en koerierdiens
- Alle aflewerings geskied deur ‘n koerierdiens deur die Bokkieweek Klerewinkel aangewys. Aflewerings sal geskied by die adres wat voorsien word, of ‘n afleweringspunt naaste aan die adres, indien niemand by die adres beskikbaar is nie.
- Die afleweringsfooi word bepaal op grond van die afleweringsadres, sowel as die grootte en gewig van die pakkie.
- Omruilingsbeleid
- Indien ‘n item nie aan u verwagtinge voldoen nie, kan dit omgeruil word, mits dit nie gedra, gewas of vuil is nie.
- Geen items sal gekrediteer of terugbetaal word nie.
- Privaatheid en databeskerming
- Alle persoonlike inligting wat deur Bokkieweek se klerewinkel ingesamel word, sal streng vertroulik gehou word.
- Ons sal onder geen omstandighede persoonlike data met derde partye deel nie, behalwe indien dit wettiglik vereis word.
- Kliëntedata word slegs gebruik vir die verwerking van bestellings en interne administratiewe doeleindes.
- Kontakbesonderhede
- Vir enige navrae rakende bestellings, aflewering of omruilings, kontak ons asseblief via:
E-pos: Gaan ons ‘n nuwe adres skep?
- Vir enige navrae rakende bestellings, aflewering of omruilings, kontak ons asseblief via:
- Wysiging van voorwaardes
- Bokkieweek behou die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes enige tyd te wysig.
- Enige wysigings sal op ons amptelike webwerf bekend gemaak word.