Daan Nolte Verdienstelikheidstrofee
Die Daan Nolte Verdienstelikheidstrofee is in 2004 deur oom Daan en tannie Ina Nolte geskenk. Die trofee word jaarliks na afloop van die Bokkieweek toegeken aan die unie wat gedurende die week uitgestaan het op veral die volgende terreine:
- Gedrag teenoor beamptes, skeidsregters, spanmaats, die opposisie se spelers en gedrag in wen- en verloorsituasies.
- Algemene dissipline van die unie
- Optrede van die unie in groepsverband en teenoor ander unies
- Kleredrag
- Algemene netheid
- Eerlikheid
- Administrasie van die unie
Die trofeewenners is as volg:
- 2021: Geen toernooi a.g.v. COVID19
- 2020: Geen toernooi a.g.v. COVID19
- 2019: Natal
- 2018: Stellaland
- 2017: Transvaal
- 2016: Noord-Transvaal Wes
- 2015: Vaaldriehoek
- 2014: Hoëveld
- 2013: Noord-Vrystaat
- 2012: Noord-Transvaal Noord
- 2011: Stellaland
- 2010: Griekwas
- 2009: Oos-Transvaal
- 2008: Bosveld
- 2007: Stellaland
- 2006: Griekwas
- 2005: Noord-Vrystaat
- 2004: Vaaldriehoek