Skip to main content

Bokkieweek

Ek Staan By Bokkieweek wapen, met 'n bokkop omring deur die woorde Ek Staan By Bokkieweek
Sluit by duisende ondersteuners aan

Ek staan by Bokkieweek

Vir 35 jaar is Bokkieweek die Afrikanerjeug se sporttuiste – in ons eie taal, kultuur en waarderaamwerk.

#EkStaanByBokkieweek

Reeds vir 35 jaar is Bokkieweek die Afrikanerjeug se sporttuiste. Hier kan jong sportlui hul talente ontwikkel in ‘n ontspanne omgewing.

Waarvoor ons staan | Afrikaner Volkseie Sport

Bokkieweek is sedert sy ontstaan 'n onafhanklike Afrikaner volkseie sportorganisasie.

ONS GRONDSLAG

Die grondslag van AVS berus op twee beginsels. Die Christelike Protestantse Geloof, gegrond op die Bybel en soos verwoord in die Ekumeniese Belydenisse. Die uitleef van die Afrikanerkultuur, waar ons die kultuurbeskouing huldig dat kultuur die handelinge is wat die mens doen in gehoorsaamheid aan God Drie-Enig se kultuuropdrag aan die mens.

TAAL, KULTUUR EN WAARDES

Elke kultuurgroep in Suid-Afrika het volgens die Grondwet die reg om sy taal, kultuur en tradieses vreedsaam uit te leef en aan die volgende geslag oor te dra.

KARAKTER DEUR SPORT

Ons sien kinders wat met oorgawe speel, ouers wat hul kinders ondersteun, afrigters wat hul kennis oordra en jongmense wat mekaar respekteer.

ONTWIKKELING

Ons bied ‘n unieke sportgeleentheid aan Afrikanerkinders om op ‘n hoë vlak mee te ding en hul sporttalente verder te ontwikkel.

ONS ROEPING

Bokkieweek bly getrou aan sy roeping om God Drie-Enig te verheerlik deur die Afrikanerjeug se sportontwikkeling.

Bokkieweek is sedert sy ontstaan 'n onafhanklike Afrikaner volkseie sportorganisasie — nog nooit verbind aan enige nasionale rugby-, hokkie- of netbalbeheerliggaam nie. Dit bied ‘n unieke sportgeleentheid aan Afrikanerkinders om op 'n hoë vlak mee te ding en om hul sporttalente verder te ontwikkel.

Voeg jou naam by

As jy glo aan die waarde van Afrikaner Volkseie Sport, aan die ontwikkeling van ons kinders en aan die toekoms van die Afrikanerjeug, nooi ons jou uit om saam met duisende ander ondersteuners jou naam by die #EkStaanByBokkieweek-veldtog te voeg.

Ek staan by Bokkieweek.

Vul jou besonderhede hieronder in.

Ek staan by Bokkieweek
Checkboxes

Wys dat jy saamstaan

Ondersteun jy Bokkieweek? Laai gerus die #EkStaanByBokkieweek-prent af en maak dit jou profielprent op sosiale media.

Só wys jy vir jou familie, vriende en die breër samelewing dat jy saam met duisende ander ondersteuners by Bokkieweek staan.

Ek Staan By Bokkieweek wapen, met 'n bokkop omring deur die woorde Ek Staan By Bokkieweek

Jy sien die vreugde van deelname, die teleurstelling van nederlaag, die trots van oorwinning en die karakter wat deur sport gevorm word.