Na aanleiding van die onlangse uitlatings deur die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, oor Bokkieweek se naam en embleem, gee Bokkieweek graag die feite deur oor sy geskiedenis, geregistreerde handelsmerk en heraldiese embleem. Openbare gesprekke is belangrik, maar behoort altyd op volledige geskiedkundige feite en regsinligting gegrond te wees.
“Die naam Bokkieweek en die embleem wat deur AVS gebruik word, is nie nuwe of toevallige skeppings nie. Albei vorm reeds dekades lank deel van Bokkieweek se identiteit. Beide is in die naam van Afrikaner Volkseie Sport by die tersaaklike Staatsinstellings geregistreer.” sĆŖ ds. Peter Stans, Hoof Uitvoerende Beampte van Bokkieweek.
Bokkieweek is in 1992 gestig en bevorder reeds vir 35 jaar die Afrikanerjeug se sport. Oor hierdie tydperk het die organisasie gegroei tot ‘n gevestigde Afrikaner kultuurorganisasie waaraan duisende spelers, afrigters, beamptes en gesinne oor die jare deel gehad het.
Die naam Bokkieweek word sedert 2001 amptelik gebruik en vorm reeds meer as twee dekades deel van die organisasie se identiteit. Die Suid-Afrikaanse Rugby Unie het die woord “Bokkie” in 2010 as handelsmerk geregistreer. AVS het die beskikbare regsprosesse gevolg en sy gevestigde identiteit beskerm. Na afloop van diĆ© proses is Bokkieweek in 2024 as handelsmerk geregistreer.
“Die naam Bokkieweek is dus nie onlangs geskep of toevallig gekies nie. Dit is ‘n gevestigde identiteit wat oor dekades heen opgebou is en uiteindelik deur die toepaslike registrasieprosesse erken is,” sĆŖ Stans.
Dieselfde geld vir Bokkieweek se embleem. Die heraldiese ontwerp wat deur Bokkieweek gebruik word, is reeds op 3 April 2003 by die Buro vir Heraldiek geregistreer. Voordat ‘n heraldiese ontwerp geregistreer kan word, moet dit aan die vereistes van die Buro vir Heraldiek voldoen en voldoende van bestaande ontwerpe onderskei kan word. Bokkieweek se embleem is in gevolge hierdie vereistes beoordeel en as ‘n afsonderlike heraldiese ontwerp geregistreer.
“Die Springbokkop wat Bokkieweek gebruik, is daarom nie die embleem van enige ander organisasie nie, maar ‘n eie geregistreerde heraldiese ontwerp.”
Bokkieweek het deur die jare sy identiteit binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse reg gevestig. Waar registrasie of formele erkenning vereis is, is die toepaslike prosesse gevolg en die nodige registrasies gedoen.
“Vir ons gaan hierdie gesprek nie oor ‘n woord of ‘n logo nie,” sĆŖ Stans. “Dit gaan oor 35 jaar se diens aan die Afrikanervolk se jeug. Dit gaan oor ‘n organisasie wat oor dekades heen binne die volle raamwerk van Suid-Afrika se wetgewing sy identiteit opgebou het.”can i
Bokkieweek sal voortgaan om sy naam, embleem en geskiedenis met trots te dra. Ons sal ook voortgaan om ons roeping uit te leef: Om in gehoorsaamheid aan God Drie-Enig die Afrikanerjeug op hul lewenspad te begelei, karakter te bou, geleenthede te skep en ‘n positiewe bydrae tot sportontwikkeling in Suid-Afrika te maak.